GROEN KORINGLANDE

Klaar Hans Drommedaaris

 

Klik vir Persverklaring

CD

1 Groen koring lande
2 Bongo song
3 Deur die drade
4 Rieng tieng tieng
5 Popcorn
6 Skoonma
7 Greenfield
8 Balke toe
9 Children
10 Omaramba
11 Lifestyle adventure
12 Elke dag
13 Jy's die enigste een vir my

 

Musiekvideos

1 Groen koringlande
2 Bongo song
3 Deur die drade
4 Rieng tieng tieng
5 Skoonma
6 Popcorn
7 Balke toe
8 Omaramba no 5
9 Lifestyle adventure
10 Greenfield

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

MEDIAVRYSTELLING
Hans Drommedaaris
Groen koringlande

Die titel behoort reeds te verklap wat jy te wagte kan wees ... Want met Hans Drommedaaris agter die stuur is jy in vir ‘n behoorlike plesierrit.
Die uiters talentvolle man wat reeds van 5 j ouderdom in die familie orkes gespeel het en dus geen vreemdeling vir die verhoog is nie, neem vermaak na ‘n heel nuwe vlak.
Sy energie is aansteeklik en sy klank is daarop uit om joligheid en litskudgenot te bevorder.
Met Groen koringlande, sorg Hans Drommedaaris dat hy elke stopstraat in die musiek- en vermaaklikheidsindustrie verontagsaam en gee hy behoorlik woema.
En tussen hakkies, Drommedaaris het niks met Jan van Riebeeck te doen nie, alhoewel Hans ook in baie opsigte eerste aan wal gaan met dié unieke vrystelling. Drommedaaris moet lees: dromme-daar-is ... Gepas vir ‘n man wat enige drom stel laat bewe van opwinding.
Hy is die eerste kunstenaar wat terselfdertyd ‘n CD met 13 snitte, EN ‘n DVD wat bestaan uit 10 musiekvideo’s vrystel.
En dit alles waarborg ure se pret.
Hans is nie sommer enige hierjy musikant nie. As een van Suid-Afrika se heel eerste solo drom spelers, is hy ook behoorlik vaardig met die kitaar, konsertina en xilofoon – en hy laat waai. Maar hy bly nie uit die kollig agter die instrumente nie. O nee! Hy sing net so lekker en sy tussendeur staaltjies sorg dat die gehoor nie vir ‘n sekonde ‘n vervelige oomblik beleef nie.
Van die 13 snitte op die CD gaan Groen Koring Lande beslis die treffersparade oorheers. Hans omskep ‘n immergewilde volksliedjie met sy eiesoortige klank en kort voor lank wikkel jy saam. Popcorn (wat jy ook op die DVD kan geniet) is nog ‘n heerlike plesier en bestem vir groot dinge. Hier word sy talent met die xilofoon behoorlik ten toon gestel.
 Van sy 10 musiek videos is 7 van hulle reeds meer as 60 keer op SABC 2 en Kyknet gespeel in 1 jaar.
Een ding staan uit: Hans se musiekstyl is geslaagd divers. Elke liedjie bevat ‘n ander geur. Of dit nou boeremusiek, pop of kommersiële dansmusiek is – Hans Drommedaaris lewer elke genre en ritme met foutlose tegniek en oorgawe.
Hy het sowat 70% van die snitte self geskryf en getoonset – en wanneer ‘n mens met bewondering na die deurlopende energie luister, besef jy opnuut hoe indrukwekkend dié prestasie is. Hy sorg dat daar iets vir almal is en behou terselfdertyd sy unieke styl.
Hy kom miskien speels en vol grappies voor, maar professionaliteit is by hom ‘n wagwoord en hy sorg dat die album en DVD, asook sy vertonings, seepglad verloop.
As jy moeg is vir swaarkry, doemprofete en swartgalligheid en net lus het vir pret, plesier en die lekker dinge in die lewe, is hierdie die album wat jy in jou speler druk. Nooi jou vriende, skink ‘n ietsie en maak seker daar is genoeg kole op die vuur. Jy is verseker van ‘n láááng kuier.
Hy laat reeds die rekords spat met al die eerstes op sy kerfstok. Met sy talent, doelgerigtheid en dryf na perfeksie gaan hy stof skop in menige ander kunstenaar se oë.

 

Uitgereik deur Vonk Musiek vir meer inligting, skakel Lydia Winchester by 011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur ‘n e-pos na lydiaw@mweb.co.za



 

 

 

 

 

 

Webpage design by Lambert SystemsTuis / Program / Spanbou / Foto Album / Biografie / Aflaai|Privacy Policy | Contact Us | Nice Links | ©2009 Drommedaaris
rose