Hans Drommedaaris
Konserte, Pubs, Feeste, Spanbou

 

Biografie

 

Wie dit mag aangaan

 

Hans is ‘n gebore Vrystater wat al meer as 3500 optredes as drommer  gedoen het van die ouderdom 5 jaar. As kind het hy in hul familie orkes gespeel en na skool was hy deel van die Korrektiewe dienste en Weermag orkeste in Kroonstad waar hy sy lisensiaat in perkussie ontvang het. Vyf jaar gelede het hy besluit om te sing en op sy eie te gaan en staan vandag bekend as Hans Drommedaaris. Hy is een van SA se eerste een man drommers wat ook kitaar, konsertina en xilofoon op verhoog speel. Tans is hy klaar met opnames vir sy debuut CD en DVD wat  reeds beskikbaar is. Een van die 8 reeds voltooide  musiek videos, Rieng tieng tieng, was te siene op MK89 musiek kanaal. "Rieng tieng tieng" het saam "Deur die drade" en " Balke toe" al saam meer as 15 000 eenhede verkoop op die "Big fish safari"  en "Wild Africa hunting" DVD.

Vakansie oorde maak gereeld van Hans gebruik omdat hy 'n unieke vermoë het om met mense van alle ouderdomme en kulture te werk. Kinders is veral beindruk met sy vertellings van Oom Jan op die Plaas en die Tandarts grap wat hy inkleur met byklanke wat op die elektroniese dromme nagemaak word. Dit is absoluut uniek en skreeusnaaks. Hy roep ook iemand op verhoog en leer hom dromme speel onder 60 sekondes en bied dan vermaak en speletjies aan om die swembad en in die aand danse of konserte. Om net 'n paar oorde te noem, Aventura oorde nl. Loskopdam, Badplaas, Warmbad, die ATKV oorde Buffelspoort en Natalia, Omaramba naby Rustenburg, Ronwil Warmbad, Mabilingwe en Africa's Best Aldam.

In en om Pretoria is Hans al 'n huishoudelike naam en het hy al opgetree by restaurante en pubs soos bv. by Firkin, Maloneys Roodepoort, Pepper Chair, Eagle's Live, Die Kantoor, Bosvelder, Big 5, Bush pub Birchleigh, Gettaways, Blackwoods, Lyttleton Polise Kantien, Moose, Le Cafè des Sports Ellisras, Fort Coepuba Hoedspruit, Lion's Rock en Rooikatte in Lydenburg, Quella Pub Rustenburg en Upperdeck. Hy doen ook jaareind funksies soos vir Mediscor, du Boisson & Vennote, AMTEC, RMPD myn, Grotegeluk myn Ellisras. Pep stores Noordwes, Mpumalanga en Limpopo het ook Hans gebruik vir hul kongres in Warmbad.

Daar is 'n magdom musikante wat Hans al saam mee gewerk het bv. Touch of Class{Deon van der Merwe en Ronèll Erasmus van Fantasia Musiek}, Rina Hugo, Jammies Jamneck, Laurika Rauch, Manuel Escorcio, Nadine, Tolla  en Wicus van der Merwe, Andre Swarts, Steve Hofmeyr se 40ste verjaarsdag party, Casper de Vries, Steyn Fourie, Danie Niehaus, Jurie Els, Jacques de Koning, Anke. Hans het ook al saam met Kurt Darren 'n duet  gesing by Upper Deck in Hartbeespoortdam. Voor vertonings van Dozi, Pieter Smith, Theuns Jordaan, Nicholis Louw, Campbells, Shine 4, Bok van Blerk en Robbie Wessels.
.
Hy doen ook die bekendstelling van nuwe voertuie op die mark soos, die nuwe Golf GTI Kerk straat, Pretoria Imperial Cars (Kia Motors) in Pretoria Noord, Toyota Barloworld Pretoria Wes, Centurion Woonwaens - Botha laan en Cornhill Motors - Waterkloof Rif. Omdat sy dromme motors kan namaak is dit ideaal om gaste besig te hou met 'n vertelling soos  "Hijacking in Danville" wat met musiek gepaard gaan.

Hans is ook een van die enigste 4 kustenaars in die land wat geborg word deur "Gooi Mielies" klere kooperasie. Hy is 'n uitstekende aanbieder wat die nuwe "Gooi Mielies en vriende" bekend gestel het. Dit is 'n program wat amper soos "Maak n las" is en sorg vir die lag spiere..

Laastens is hy ook 'n motiverings spreker en bied ook spanbou sessies aan wat gepaard gaan met Afrika dromme en pype wat deur die gehoor gespeel word. Spanbou word gewoonlik by Omaramba vakansie oord en konverensie fasiliteite aangebied saam Johann Palm, maar kan ook by ander persële soos kantore aangebied word. Ons bied ook 'n "Power hour" aan wat kursusgangers op en wakker maak na middagete. Op sy DVD is daar 'n opname waar hy by Eldoraigne Hoërskool, Pretoria (een van die vooraanstaande skole in Pretoria) vir 200 kinders, 3 verskillende lengtes plastiese pype laat speel het, om die spangees tussen leerlinge positief op te bou. In vandag se tyd ervaar leerlinge opgehoopte energie en woede , dit moet reg gekanaliseer word deur opvoeding en opleiding by die huis en skool. Deur die pype te speel raak hulle ontslae van die energie en woede. Hy moedig leerlinge aan om aan sport, buitemuurse aktiwiteite en in akademie uit te blink en praat met hulle oor intrepeneurskap,  hoe om onderdanig te wees aan sisteme om te groei, selfbeeld, groeps druk en kommunikasie. Die Drommedaaris bied 'n gratis  geleentheid aan skole om gedurende skoolure 'n spanbou sessie met pype van tussen 40-60 min te doen indien hy 'n konsert vertoning die aand kan kry in die skoolsaal, waar ouers dan ook 'n deel kan hê van sy positiewe boodskap tussen ouer en kind.  

Hy is ingerig om profesioneel by enige funksie in die RSA op te tree met voldoende klank, musiek, beligting en personeel. Daar is ook 'n netwerk personeel wat sy bemarking en besprekings hanteer. Optredes sluit ook projektor met big screen in met die musiek videos wat speel in die agtergrond terwyl hy sing in die aand. Beligting is uit die boonste rakke wat gesinkroniseerd gehanteer word. Hy is ook ingerig om drie fase krag te gebruik a.g.v. al die toerusting.

In kort is Hans Drommedaaris een van S.A. se mees veelsydige, profesionele en beste musikante nog, wat  diep spore gaan trap en 'n nuwe standaard gaan stel wat moeilik geewenaar gaan word. 



Cmh logomazda_logoford_logo

 

Webpage design by Lambert SystemsTuis / Program / Spanbou / Foto Album / Biografie / Aflaai|Privacy Policy | Contact Us | Nice Links | ©2009 Drommedaaris
rose